Skip to the content

Ons laat die kultuurverlede leef!

Die Hartenbos Museum van die ATKV ATKV is geleë in die kultuur-hartland van Afrikaans. Hierdie spogmuseum fokus op die Groot Trek en huisves 'n verskeidenheid interessante voorstellings en uitstalsale wat smaakvol georden is met aantreklike oudhede wat die lewensomstandighede van die Voortrekkerpioniers van 1835 tot 1848 visueel laat leef.

Benewens die lewensgetroue voorstellings van die Groot Trek is daar ook ‘n gedenksaal van die Simboliese Ossewatrek van 1938, 'n besonderse voorstelling van 'n eg-outydse winkeltjie terwyl Hartenbos se geskiedenis ook hier uitgebeeld word.

Veertig kilometer vanaf George, aan die Indiese Oseaan en deel van die sondeurdrenkte strande van die Groter Mosselbaai-omgewing, staan dié pragmuseum met sy wye welkom-voordeur. Vriendelike personeel is gereed om jou te begelei deur van die aangrypendste kultuurhistoriese momente wat nie net die Afrikaner se geskiedenis gevorm het nie, maar ook ‘n besliste invloed gehad het op die breër Suid-Afrikaanse verlede.

Die ATKV het reeds in 1937 besluit om die Hartenbos Museum te vestig. Aangesien die idee van die Simboliese Ossewatrek van 1938 op Hartenbos ontstaan het, is besluit dat die hooftema vir die museum Die Groot Trek (1835 tot 1848) sal wees.

Besoek hierdie eiesoortige museum waar die Groot Trek leef!

Temas

Saal 1: Voorbereiding vir die Groot Trek
Saal 2: Uitspan teen laatmiddag
Saal 3: Herstelwerk aan die waens
Saal 4: Laertrek teen aanvalle
Saal 5: Ontspanning tydens die Groot Trek
Saal 6: Alledaagse take soos brood bak en kerse maak
Saal 7: Vestiging na die Groot Trek. Die gesin vergader vir huisgodsdiens
Saal 8: Die Voortrekker se vryheidstrewe voorgestel deur ‘n staatspresident
Saal 9: Verskillende artikels ingesamel tydens die Simboliese Ossewatrek (1938)
Saal 10: Die geskiedenis van Hartenbos

Besoekure:

Maandae tot Vrydae: 09:00-16:00
Museum gesluit tussen 13:00 en 14:00 asook op publieke vakansiedae
Saterdae en Versoeningsdag (16 Desember): 9:00-12:30

Geringe toegangsgeld betaalbaar

Kontak besonderhede

Tel: +27 44 601 7238
Faks: +27 44 695 0770
E-posadres: hartenbos@atkv.org.za

Straatadres: Majubalaan, Hartenbos, 6520