WELKOM BY ATKV-HARTENBOS

JOU TUISTE LANGS DIE TUINROETE

Met die see amper rondom jou en die vars kuslug bokant jou, is ATKV-Hartenbos beslis jou antwoord vir die perfekte gesinsvakansie en bied meer as wat ’n vakansieganger se hart kan begeer.

Hartenbos lê op die wêreldbekende Tuinroete tussen Kaapstad en Port Elizabeth, ongeveer 8 km vanaf Mosselbaai en 40 km vanaf die George-lughawe. 

Akkommodasie

ATKV-Hartenbos is ’n oop oord wat voel soos ’n dorp. Kies uit ’n verskeidenheid akkommodasie-opsies, insluitend selfsorgwoonstelle en kampeerterreine.

Vermaak

Gaste kan onder meer ’n waterpark, swembaddens, minigholf en vlugbalbane geniet. Daar is ook direkte toegang tot die strand en verskeie doendinge in die omgewing.