Fasiliteite

Bekend as een van Suid-Afrika se heel gewildste vakansieoorde, is ATKV-Hartenbos die perfekte kuswegbreek.

Die warm binneswembad word deur Hartenbos Seefront aan ATKV-Hartenbos verhuur. Vanweë strukturele uitdagings aan die dak het Hartenbos Seefront verantwoordelikheid aanvaar vir die vervanging daarvan. Die verwydering van die asbesdak het in September 2025 begin en die installering van ’n nuwe dak is nou voltooi.

Die volgende stap is om by die munisipaliteit aansoek te doen vir toestemming om die swembad vol te tap, gegewe die waterbeperkings wat tans geld. Indien hierdie aansoek suksesvol is, sal verdere werk nodig wees om die gebou, swembad en verhittingstelsel weer in ’n ten volle operasionele toestand te bring. ATKV-Hartenbos sal die warm binneswembad weer vir gaste beskikbaar stel sodra die konstruksiewerk veilig en volledig afgehandel is.

Indien die verdere verloop van die projek volgens plan vorder, word daar tans voorsiening gemaak vir heropening op ’n later stadium in 2026. Die veiligheid van ons gaste bly ten alle tye ons hoogste prioriteit.

Verdere terugvoer oor die vordering van die projek sal gekommunikeer word soos dit beskikbaar raak. Baie dankie vir u begrip en geduld.

Kennisgewings:
  • Vir sekere fasiliteite en vermaak mag daar van tyd tot tyd ’n addisionele koste gehef word.
  • OTM op die perseel beskikbaar.

Fasiliteite by Hartenbos

Wandellaan

Seefront-Winkelsentrum

Kiosk

Aktiwiteite by Hartenbos

Pretpark

Koue buiteswembad

Avontuurgholfbane

Speelparkie

Museum

Besienswaardighede

  • Kangogrotte
  • Dias-museum
  • Cape St. Blaize-vuurtoring met grot en staproete
  • Botlierskop-dagsafari’s
  • Volstruisplase
  • Plaasfabriek met aalwynprodukte
  • Aalwynfabrieke
  • Powervan Mosselbay (voorheen Diaz Express)
  • Haaihokduik
  • Diepseehengel saam met Mosselbaai Deep Sea Adventures
  • Garden Route Casino
  • Gholfbane
  • Helikopterritte
  • Romonza-bootritte
  • Redberry-aarbeiplaas
  • Jukani Wildlife Sanctuary, Birds of Eden en Monkeyland in Plettenbergbaai
  • Wilgewandel-vakansieplaas
  • Cango Wildlife Ranch
  • Tsitsikamma Canopy Tours

Belangrike Inligting