6-Slaper Strandhuis (Twee slaapkamers en een badkamer)

52m2

Slaap 6 (Maksimum 5 Volwassenes)

2 Slaapkamers

1 Badkamer

Selfsorg


Twee slaapkamers, een met 'n dubbelbed en die ander met drie enkelbeddens. Slaapbank, geskik vir 'n kind, in die leefgebied. Badkamer, stort oor die bad. Ten volle toegeruste kombuis, onderdakbraai en motorafdak. Daar is eenhede met see-uitsig beskikbaar.

Neem asseblief kennis dat van die eenhede se badkamergeriewe kan verskil.  Sommige eenhede het ‘n stort, of ‘n stort oor ‘n bad en daar is ‘n rolstoelvriendelike eenheid ook.

Badhandoeke word voorsien. Bring eie swemhandoeke saam.

Vir die kombuis: Bring asseblief skottelgoed-seep, vatlappe en afdroogvadoeke saam. Braaitange word voorsien in self-sorg eenhede.

Let wel dat die eenhede se dekor binne, buite-uitleg en uitsig vanuit eenhede kan verskil.

Klik hier om 'n bespreking te maak.

Eenheidgeriewe

TV

Beperkte DStv

Onderdakstoep

Braai-area

Ten volle toegeruste kombuis

Gratis Wi-Fi

Gratis parkering: 1 voertuig