Die verhitte swembad word deur Hartenbos Seefront aan ATKV-Hartenbos verhuur. Vanweë strukturele uitdagings aan die dak het Hartenbos Seefront verantwoordelikheid aanvaar vir die vervanging daarvan. Die verwydering van die asbesdak het in September 2025 begin en die installering van ’n nuwe dak is nou voltooi.
Die volgende stap is om by die munisipaliteit aansoek te doen vir toestemming om die swembad vol te tap, gegewe die waterbeperkings wat tans geld. Indien hierdie aansoek suksesvol is, sal verdere werk nodig wees om die gebou, swembad en verhittingstelsel weer in ’n ten volle operasionele toestand te bring. ATKV-Hartenbos sal die verhitte swembad weer vir gaste beskikbaar stel sodra die konstruksiewerk veilig en volledig afgehandel is.
Indien die verdere verloop van die projek volgens plan vorder, word daar tans voorsiening gemaak vir heropening op ’n later stadium in 2026. Die veiligheid van ons gaste bly ten alle tye ons hoogste prioriteit.
Verdere terugvoer oor die vordering van die projek sal gekommunikeer word soos dit beskikbaar raak. Baie dankie vir u begrip en geduld.
Kennisgewings:
- Vir sekere fasiliteite en vermaak mag daar van tyd tot tyd 'n addisionele heffing gevra word.
- OTM Beskikbaar op die perseel
Fasiliteite by Hartenbos
Seefront Winkelsentrum
Kiosk
Aktiwiteite by Hartenbos
Waterpark
Drie waterglybane
Twee avontuurgholfbane
Klimraam vir kinders
Buiteswembad
Museum
Wandelaan
Besienswaardighede
- Kangogrotte
- Dias-museum
- Cape St. Blaize-vuurtoring met grot en staproete
- Botlierskop-dagsafari’s
- Volstruisplase
- Plaasfabriek met aalwynprodukte
- Aalwynfabrieke
- Diaz Express
- Duik saam met die haaie (Haaihokke)
- Mosselbaai Deep Sea Adventures – Diepseehengel
- Tuinroete Casino
- Gholfbane
- Helikopter-ritte
- Romonza-bootritte
- Punt van Menslike Oorsprong
- Aarbeiplaas
- Jukani/Birds of Eden/Monkeyland in Plettenbergbaai
- Wilgewandel Vakansieplaas
- Cango Wildlife Ranch
- Tsitsikamma Canopy Tours