Die verhitte swembad word deur Hartenbos Seefront aan ATKV-Hartenbos verhuur. Ongelukkig het daar strukturele uitdagings met die dak ontstaan, en Hartenbos Seefront het die verantwoordelikheid aanvaar om dit te vervang. Die verwydering van die asbesdak het in September 2025 begin, en ’n nuwe dak is tans in die proses om geïnstalleer te word. Weens die wind en ander onvoorsiene uitdagings sal die werk nie teen Desember, soos beplan, voltooi wees nie. Indien die konstruksie volgens skedule verloop, beplan ATKV-Hartenbos om die verhitte swembad in Februarie 2026 te heropen. Die veiligheid van ons gaste is ons hoogste prioriteit.
Ons sal nader aan die openingsdatum verdere terugvoer oor die vordering van die projek gee. Dankie vir u begrip en geduld.
Kennisgewings:
- Vir sekere fasiliteite en vermaak mag daar van tyd tot tyd 'n addisionele heffing gevra word.
- OTM Beskikbaar op die perseel
Fasiliteite by Hartenbos
Seefront Winkelsentrum
Kiosk
Aktiwiteite by Hartenbos
Waterpark
Drie waterglybane
Twee avontuurgholfbane
Klimraam vir kinders
Buiteswembad
Museum
Wandelaan
Besienswaardighede
- Kangogrotte
- Dias-museum
- Cape St. Blaize-vuurtoring met grot en staproete
- Botlierskop-dagsafari’s
- Volstruisplase
- Plaasfabriek met aalwynprodukte
- Aalwynfabrieke
- Diaz Express
- Duik saam met die haaie (Haaihokke)
- Mosselbaai Deep Sea Adventures – Diepseehengel
- Tuinroete Casino
- Gholfbane
- Helikopter-ritte
- Romonza-bootritte
- Punt van Menslike Oorsprong
- Aarbeiplaas
- Jukani/Birds of Eden/Monkeyland in Plettenbergbaai
- Wilgewandel Vakansieplaas
- Cango Wildlife Ranch
- Tsitsikamma Canopy Tours