WELKOM BY ATKV-HARTENBOS

JOU TUISTE LANGS DIE TUINROETE!

Neem asseblief kennis:

Die verhitte swembad word deur Hartenbos Seefront aan ATKV-Hartenbos verhuur. Ongelukkig het daar strukturele uitdagings met die dak ontstaan, en Hartenbos Seefront het die verantwoordelikheid aanvaar om dit te vervang. Die verwydering van die asbesdak het in September 2025 begin, en ’n nuwe dak is tans in die proses om geïnstalleer te word. Weens die wind en ander onvoorsiene uitdagings sal die werk nie teen Desember, soos beplan, voltooi wees nie. Indien die konstruksie volgens skedule verloop, beplan ATKV-Hartenbos om die verhitte swembad in Februarie 2026 te heropen. Die veiligheid van ons gaste is ons hoogste prioriteit.

Ons sal nader aan die openingsdatum verdere terugvoer oor die vordering van die projek gee. Dankie vir u begrip en geduld.

Akkommodasie

ATKV-Hartenbos bied 'n verskeidenheid akkommodasie-opsies, insluitend selfsorgwoonstelle en 'n woonwapark, wat voorsiening maak vir verskillende gesinsgroottes en -behoeftes.

Vermaak

Gaste kan gebruik maak van 'n waterpark, swembaddens, minigholf en vlugbalbane. Daar is ook direkte toegang tot die strand en verskeie doendinge in die omgewing.